Albert Verwey (15 Mei 1865 - 8 Maart 1937) was 'n Nederlandse digter en lid van die Tagtigers. As vertaler en letterkundige historikus het hy 'n belangrike rol gespeel in die literêre lewe van die Nederlande in die laat-19de eeu en vroeë 20ste eeu.
Verwey is in Amsterdam gebore en het sy hele lewe lank met 'n sterk plaaslike aksent gepraat. Beide sy vader en oupa was meubelmakers. In sy jeug het hy albei sy ouers deur tuberkulose verloor. Verwey het vroeg in sy lewe poësie begin skryf. In 1880 het hy gedigte deur Samuel Coleridge, Byron, Shelley en Wordsworth vertaal. Na hoërskool het Verwey by 'n sekuriteitskantoor gewerk. Omdat hy baie bedrewe in Engels was, is die 18-jarige Verwey deur die Nederlandse direkteure van die Maxwell Land-toegif na Cimarron, Nieu-Meksiko uitgenooi om by hulle aan te sluit as vertaler. [1] Sy eerste digbundel (getiteld Persephone, na die Griekse godin) is in 1883 gepubliseer. In 1885 was hy mede-stigter van die tydskrif De Nieuwe Gids, een van die hoof dryfkragte agter die Nederlandse letterkundige herlewing van die 1880's. Verwey het sonnette en ander gedigte bygedra. Hy was 'n hegte vriend van Willem Kloos en daar het 'n romanse tussen die twee digters ontstaan, wat tot op daardie stadium ongehoord was in die Nederlandse letterkunde. Hulle het hul verhouding in 1888 verbreek. [2] In 1889 slaag hy nie sy eksamens in Latyn nie. In dieselfde jaar word sy versamelde gedigte gepubliseer, met vertalings van werke deur Christopher Marlowe.
In 1890 het Verwey getrou en verhuis na Villa Nova in Noordwijk aan Zee. Frederik van Eeden het sy swaer geword. Verwey was betrokke by die versiering van die Beurs van Berlage; 'n "sintese van die kunste". Hy is 'n tyd lank vanweë sy vrou beïnvloed deur Spinozisme en Sosialisme. Hy het hom sedert 1895 gebonde gevoel aan die esoteriese Duitse digter Stefan George, wie se werk hy vertaal het. Verwey het in sommige van sy gedigte besin oor die gruwels van die Eerste Wêreldoorlog. Hy het Duitsland verantwoordelik gehou, en geweier om George se latere idees oor 'n geestelike aristokrasie te aanvaar. In 1922 is sy vertaling van Gulliver se Reise gepubliseer. Verwey was van 1924 tot 1935 professor aan die Rijksuniversiteit Leiden. Verwey het ook middeleeuse poësie vertaal en bevorder.
Alhoewel geen Nederlandse skrywer al ooit die Nobelprys vir Letterkunde gewen het nie is hy een van die Nederlandse skrywers wat deur verskeie indiwidue vir die prys benoem is.[3] Verwey was 'n besonders aktiewe skrywer, en sy korrespondensie (bestaande uit 20,000 briewe) kan besigtig en gelees word by die Universiteit van Amsterdam.