Sint Albertus Magnus | |
---|---|
Sint Albertus Magnus, 'n fresco deur Tommaso da Modena (1352), Kerk van San Nicolo, Treviso, Italië | |
Heilige | |
Gebore | ca. 1200, Lauingen, Hertogdom van Beiere |
Sterfte | 15 November 1280, Keulen, Heilige Romeinse Ryk |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Saligverklaring | 1622, Rome, Italië deur Pous Gregorius XV |
Heiligverklaring | 1931, Vatikaanstad deur Pous Pius XI |
Pelgrimsoord | Sint Andreas se kerk, Keulen, Duitsland |
Feesdag | 15 November |
Beskermheilige | Cincinnati, Ohio, mediese tegnici; natuurwetenskappe; filosowe; wetenskaplikes; studente |
Albertus Magnus | |
Gebore | ca. 1200 Lauingen |
---|---|
Oorlede | 15 November 1280 Keulen, Heilige Romeinse Ryk |
Vakgebied | Skolastiek |
Alma mater | Universiteit van Padua |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Avicenna, Liber de causis (meestal Proclian), Pseudo-Dionysius, Al-Farabi, Averroes, Solomon ibn Gabirol, Maimonides, Jordan van Sakse[1] |
Invloed op | Thomas van Aquino, Meester Eckhart, Nicolaas van Cusa |
Albertus Magnus (ook Albertus die Grote of Albert von Lauingen genoem; Lauingen (Donau), Swabië, ca. 1200 – Keulen, 15 November 1280) was 'n Duitse filosoof en teoloog en is 'n heilige. Albertus Magnus word Doctor Universalis genoem as erkenning vir sy omvangryke kennis op verskeie wetenskapsgebiede.