| |||||
Volkslied: God Save the Queen | |||||
Ligging van Alderney | |||||
Amptelike tale | Engels, Frans en Auregnais | ||||
Hoofstad | Saint Anne 49° 43' N, 2° 12' W | ||||
Grootste stad | Saint Anne | ||||
Politieke bedeling | Britse Kroongebied | ||||
Regeringsvorm | Selfregering deur Statevergadering | ||||
Hertogin van Normandië | Koningin Elizabeth II | ||||
Luitenant-Goewerneur van Alderney | Sir Norman Browse | ||||
Oppervlakte - Totaal - % water |
10 km² -% | ||||
Bevolking - Bevolkingsdigtheid |
2 400 240/km² | ||||
Geldeenheid | Pond Sterling van Guernsey | ||||
Tydsone | UTC | ||||
Internet TLD | .gg |
Alderney (Engels: Alderney, Frans: Aurigny, Auregnais: Aoeur'gny) is een van die kleine Kanaaleilande digby die kus van Noord-Frankryk en net soos die eiland Man 'n besitting van die Britse Kroon, wat nie deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie. Die eiland met 'n oppervlak van 10 vierkante kilometer het sowat 2400 inwoners.
Die eiland is 'n oorblyfsel van die historiese hertogdom van Normandië, en die plaaslike Frans-Normandiese dialek Auregnais word as streektaal erken. Engels en Frans is die amptelike tale. Frans bly tot die jaar 1946 'n amptelike taal van die regering, maar sy gebruik is vandag beperk tot 'n aantal seremonies soos die gebed voor die opening van die Statevergadering. Frans is egter 'n verpligte skoolvak.