Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Isayevich en die van is Solzhenitsyn.
Aleksandr Solzhenitsyn | |
Solzhenitsyn in 1974.
| |
Geboorte | Kislowodsk, RSFSR | 11 Desember 1918
---|---|
Sterfte | 3 Augustus 2008 (op 89) Moskou, Rusland |
Beroep | Skrywer, historikus |
Alma Mater | Rostof-staatsuniversiteit |
Bekendste werke | Die Dag van Ivan Denisowitsj The First Circle Cancer Ward The Gulag Archipelago Two Hundred Years Together The Red Wheel |
Eggenoot/eggenote | Natalia Alekseyevna Reshetovskaya (1940-'52 en 1957-'72) Natalia Dmitrievna Svetlova (1973 tot met sy dood in 2008) |
Familie | 3 seuns – Yermolai, Ignat, Stepan Solzhenitsyn |
Toekennings | Nobelprys vir letterkunde |
Aleksandr Isayevich[nota 1] Solzhenitsyn (Russies: Алекса́ндр Иса́евич Солжени́цын; Afrikaanse transliterasie: Aleksandr Isajewitsj Solzjenitsin; IFA: /ˌsoʊlʒəˈniːtsɪn/; 11 Desember 1918 – 3 Augustus 2008)[1] was ’n Russiese skrywer en historikus. Sy voornaam word dikwels ook Alexander gespel.[2][3]
Hy was ’n uitgesproke kritikus van die Sowjetunie en kommunisme, en het gehelp om die land se Goelag-stelsel van gedwongearbeidskampe onder die wêreld se aandag te bring. Hy is toegelaat om net een werk in die Sowjetunie uit te gee: Die Dag van Ivan Denisowitsj (1962), in die tydskrif Nowi Mir. Sy latere werke moes hy in die Weste laat publiseer. Die bekendstes hiervan was Cancer Ward (1968) en The Gulag Archipelago (1973).
Die Nobelprys vir letterkunde is in 1970 aan Solzhenitsyn toegeken.[4] Hy was egter bang as hy na Stockholm reis om die prys te ontvang, sou hy nie toegelaat word om na die Sowjetunie terug te keer nie. Hy is eindelik in 1974 verban, maar het in 1994 na Rusland teruggekeer ná die verbrokkeling van die Sowjetunie.
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/>
tag was found