Alexander Rybak | |
---|---|
Alexander Rybak by Eurovision. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Wit-Russies: Алякса́ндр І́гаравіч Рыба́к |
Gebore | 13 Mei 1986 Minsk, (Wit-Rusland) |
Oorsprong | Nesodden, Akershus (Noorweë) |
Genres | Pop, folk, klassiek |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem, viool, klavier |
Jare aktief | 1991 — hede |
Alexander Rybak (Wit-Rus. Алякса́ндр І́гаравіч Рыба́к, Aljaksándr Íharavitsj Rybák, Noors Alexánder Rybák, * 13 Mei 1986 te Minsk, Sowjetunie (nou Wit-Rusland)) is 'n Noorse violis, sanger, komponis en akteur. Rybak het Noorweë op die Eurovision-kompetisie van 2009 in Moskou verteenwoordig en is met die snit "Fairytale" as wenner van die kompetisie aangewys.