Alexandre Dumas | |
---|---|
Alexandre Dumas in 1855 | |
Gebore | Dumas Davy de la Pailleterie 24 Julie 1802 |
Sterf | 5 Desember 1870 (op 68) Puys, naby Dieppe, Seine-Maritime, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | Romanskrywer, dramaturg |
Bekend vir | Die drie musketiers (1844) Die graaf van Monte Cristo (1844–1845) |
Ouer(s) | Thomas Alexandre Dumas (vader) Marie-Césette Dumas (moeder) |
Handtekening | |
Dumas Davy de la Pailleterie (Frans: [dyma davi də la pajətʁi]), beter bekend as Alexandre Dumas père ([alɛksɑ̃dʁ dyma]; Villers-Cotterêts (Aisne), 24 Julie 1802 – Puys (naby Dieppe, Seine-Maritime), 5 Desember 1870) was 'n Franse dramaturg en skrywer van hoofsaaklik historiese romans. Hy het ook artikels vir koerante en tydskrifte geskryf en uitgebreide korrespondensie gelaat.
Hy is die vader van Alexandre Dumas fils, wat ook skrywer was, onder andere van die bekende werk La Dame aux camélias.