Alexandria Ocasio-Cortez | |
![]() Lid van die United States House of Representatives | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang Januarie 3, 2019 | |
Voorafgegaan deur | Joe Crowley |
---|---|
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 13 Oktober 1989 Bronx, New York Stad, Verenigde State |
Politieke party | Demokratiese Party |
Alexandria Ocasio-Cortez (gebore 13 Oktober 1989) is 'n Amerikaanse politkus en aktivis.[1]Op 26 Junie 2018 het Ocasio-Cortez die primêre verkiesing van die Demokratiese Party in die 14de kongresdistrik van New York gewen wat dele van die Bronx en Queens in New York Stad insluit. Die sittende , Demokratiese Kongreslid Joe Crowley, het teen haar verloor in een van die grootste verassingsoorwinning in die 2018 middeltermyn-Demokratiese voorverkiesings.[2] Sy is tydens die algemene verkiesing van 6 November 2018 tot die Amerikaanse Kongres verkies. Ocasio-Cortez is 'n lid van die Demokratiese Sosialiste van Amerika. 'n Lid van die Demokratiese Party, sy is die Amerikaanse verteenwoordiger vir New York vanaf 3 Januarie 2019.
Voordat sy tot die Kongres verkies was, was Ocasio-Cortez 'n gemeenskapsorganiseerder wat in die Bronx werksaam was en dien as onderwysdirekteur vir die 2017 Northeast Collegiate World Series vir die National Hispanic Institute. Teen die ouderdom van 29 jaar is sy die jongste vrou om in die Kongres in die geskiedenis van die Verenigde State te dien.