Prins Alfred | |
---|---|
Hertog van Sakse-Koburg en Gotha Hertog van Edinburg | |
![]() | |
Volle naam | Alfred Ernest Albert |
Eggenote | Groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland |
Kinders | Alfred, Marie, Victoria Melita, Alexandra, Beatrice |
Titels | SKH Hertog van Sakse-Koburg en Gotha SKH die Hertog van Edinburg SKH prins Alfred |
Huis | Huis van Sakse-Koburg en Gotha |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 6 Augustus 1844; Windsor-kasteel, Berkshire |
Oorlede | 30 Julie 1900; Rosenau-kasteel, Koburg |
Alfred, die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha (Alfred Ernest Albert; 6 Augustus 1844 – 30 Julie 1900) was die tweede seun en vierde kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Hy het op 24 Mei 1866 die titels Hertog van Edinburg, Graaf van Kent en Graaf van Ulster gekry. Op 23 August 1893 het hy sy oom Ernst as die heersende Hertog van Sakse-Koburg en Gotha in die Duitse Ryk opgevolg.