Alfred Stieglitz | |
---|---|
![]() Alfred Stieglitz in 1902 Foto geneem deur die Amerikaanse fotograaf Gertrude Käsebier | |
Gebore | 1 Januarie 1864 |
Sterf | 13 Julie 1946 (op 82) |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Fotograaf |
Bekend vir | Fotowerk en kunsgalerye in New York |
Eggenoot | Emmeline Obermayer (∞ 1893, geskei in 1924) Georgia O'Keeffe (∞ 1924−1946) |
Alfred Stieglitz HonFRPS (* 1 Januarie 1864 in Hoboken, New Jersey; † 13 Julie 1946 in New York) was 'n Amerikaanse fotograaf en bevorderaar van moderne kuns wat gedurende sy loopbaan van vyftig jaar 'n beslissende bydrae gelewer het tot die aanvaarding van fotografie as kunsvorm. Naas sy fotografiese werk het Stieglitz in die vroeë 20ste eeu baie tyd en moeite gewy aan sy kunsgalerye te New York waar hy baie Europese avant-garde-kunstenaars aan die Amerikaanse publiek bekendgestel het. Stieglitz was getroud met die skilderes Georgia O'Keeffe.