Alice se avonture in Wonderland
| |
---|---|
![]() | |
Skrywer | Lewis Carroll |
Taal | Oorspronklik Engels |
Genre | Fantasie |
Uitgewer | Macmillan & Kie. Bpk. |
Uitgegee | 26 November 1865 |
ISBN | 978-0-7981-5151-1 (Afrikaanse vertaling van 2016) |
Vervolg | Alice deur die Spieël |
Alice se avonture in Wonderland is 'n kinderboek oor 'n meisie met die naam Alice en die vreemde avonture wat sy beleef.[1] Die boek is deur die Oxford wiskundige Charles Lutwidge Dodgson (onder die skuilnaam Lewis Carroll) geskryf en deur John Tenniel geïllustreer. Die titel word gewoonlik na Alice in Wonderland verkort. Dit is aanvanklik op 26 November 1865 deur Macmillan & Kie. Bpk. in Londen gepubliseer. Sedertdien is dit in verskeie tale (waaronder Afrikaans) vertaal en ook vir ander media (soos TV-reekse en rolprente) verwerk.