Aliwal-Noord | |
---|---|
![]() Die ou Poskantoor is van sandsteen gebou. | |
Koördinate: 30°41′24″S 26°42′33″O / 30.69000°S 26.70917°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Walter Sisulu |
Stigting | 1849 |
Oppervlak | |
• Totaal | 39,5 km2 (15,3 vk. myl) |
Hoogte | 1 328 m (4 357 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 35 153 |
• Digtheid | 890/km2 (2 300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 8.5% |
• Swart mense | 85.2% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 58.1% |
• Sotho | 23.0% |
• Afrikaans | 14.8% |
• Engels | 2.3% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 9750 |
Poskode (posbusse) | 9750 |
Skakelkode | 051 (-633- / -634-) |
Aliwal-Noord is 'n dorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika en voorheen die setel van die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit (tans Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit). Die bevolking van die dorp insluitend Dukathole township tel 35 153 in 2011. Die dorp is bekend vir sy twee warmwaterbronne, wat daagliks meer as twee miljoen liter water teen 'n temperatuur van sowat 35° C oplewer.[2] 'n Dorpsmuseum behandel die plaaslike geskiedenis. In 1869 is die grensooreenkoms tussen die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat en Basoetoland (die huidige Lesotho) hier onderteken.