Allan Boesak | |
---|---|
Allan Boesak in 1986 | |
Gebore | Allan Aubrey Boesak 23 Februarie 1945 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Priester, aktivis en politikus |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot | Dorothy Rose Martin Elna Botha |
Kinders | Vier (eerste huwelik) + 2 (tweede huwelik) |
Allan Boesak (1945-) is ’n Suid-Afrikaanse predikant, politikus en teenapartheidsaktivis. Van 1982 tot 1991 was hy die voorsitter van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke. In 1983 was hy een van die stigterslede van die United Democratic Front (UDF), waarvan hy tot 1991 ’n lid was. Verskeie teologiese en politieke boeke het uit sy pen verskyn, asook ’n digbundel, ...tot sterwens toe: liefdesgedigte en tralies (2001). In 2000 is hy aan geldverduistering skuldig bevind, maar in 2001 op parool vrygelaat en in 2005 presidensieel kwytgeskeld.[1]
Hy was die moderator van die NG Sendingkerk wat in 1982 die Belharbelydenis opgestel het. In 1999 is hy aangewys as een van die 100 mense wat die grootste invloed op Suid-Afrika in die 20ste eeu gehad het, in Media24 se Hulle het ons eeu gevorm-stemming.