Allan Border | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
![]() | ||||||
Volle naam | Allan Robert Border | |||||
Gebore | 27 Julie 1955 Cremorne, Nieu-Suid-Wallis, Australië | |||||
Bynaam(e) | AB, Captain Grumpy, Pugsley | |||||
Lengte | 1,75 m | |||||
Kolfstyl | Linkshandig | |||||
Boulstyl | Linkerarm draaibouler | |||||
Rol | Middelordekolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Australië | |||||
Toetsdebuut (no 299) | 29 Desember 1978 v Engeland | |||||
Laaste Toets | 25 Maart 1994 v Suid-Afrika | |||||
EDI debuut (no 49) | 13 Januarie 1979 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 8 April 1994 v Suid-Afrika | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1976/77–1979/80 | Nieu-Suid-Wallis | |||||
1977 | Gloucestershire | |||||
1980/81–1995/96 | Queensland | |||||
1986–1988 | Essex | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1ste rang | A-lys | ||
Wedstryde | 156 | 273 | 385 | 382 | ||
Lopies aangeteken | 11 174 | 6 524 | 27 131 | 9 355 | ||
Kolfgemiddeld | 50.56 | 30.62 | 51.38 | 31.71 | ||
100s/50s | 27/63 | 3/39 | 70/142 | 3/62 | ||
Hoogste telling | 205 | 127* | 205 | 127* | ||
Aflewerings geboul | 4 009 | 2 661 | 9 750 | 3 703 | ||
Paaltjies | 39 | 73 | 106 | 90 | ||
Boulgemiddeld | 39.10 | 28.36 | 39.25 | 32.27 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 2 | 0 | 3 | 0 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 1 | 0 | 1 | 0 | ||
Beste boulontleding | 7/46 | 3/20 | 7/46 | 3/20 | ||
Vangskote/Stonkings | 156/– | 127/– | 379/– | 183/– | ||
Bron: ESPNcricinfo, 13 Januarie 2008 |
Allan Robert Border (gebore 27 Julie 1955) is 'n Australiese krieketkommentator en voormalige internasionale krieketspeler. Border was vir baie jare die kaptein van die Australiese span. Sy speelbynaam was "AB". Hy het 156 toetswedstryde in sy loopbaan gespeel, 'n rekord totdat dit deur mede-Australiër Steve Waugh oortref is. Border het voorheen die wêreldrekord vir die aantal opeenvolgende toetsverskynings van 153 gehou, voordat dit in Junie 2018 deur Alastair Cook oortref is, en is tweede op die lys van aantal toetse as kaptein. Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1979, Krieketwêreldbeker 1983, Krieketwêreldbeker 1987 en Krieketwêreldbeker 1992 vir Australië gespeel.
Hy was hoofsaaklik 'n linkerhandse kolwer, maar het ook af en toe sukses behaal as 'n deeltydse linkerarm-draaibouler. Border het 11 174 toetslopies gemoker ('n wêreldrekord totdat dit in 2006 deur Brian Lara verbeter is). Hy het 27 honderdtalle in sy toetsloopbaan geslaan. Hy het uitgetree as Australië se beste speler en voorste lopiemaker in beide toetse en eendagwedstryde. Sy Australiese rekord vir toetswedstryde het vir 15 jaar gestaan voordat Ricky Ponting hom verbygesteek het tydens die Derde As-toets teen Engeland in Julie 2009. Border was een van die 55 eerste ingehuldigdes van die IKR se Heldesaal.[1][2][3]