Allan Hills 84001 | ||
![]() | ||
'n Fragment van meteoriet ALH 84001. | ||
Voorwerp | ||
Ander naam | ALH 84001 | |
Tipe | Achondriet | |
Samestelling | Lae-Ca-ortopirokseen, chromiet, maskeliniet, Fe-ryke karbonaat[1] | |
Datum | 1984 (ontdek) | |
Waargenome val | Nee | |
TBG | 1 930,9 g | |
Gebied | ||
Land | Antarktika | |
Streek | Allan Hills | |
Oorsprong | Mars |
Allan Hills 84001, of ALH 84001,[1] is 'n fragment van 'n meteoriet van Mars af wat op 27 Desember 1984 in die Allan Hills op Antarktika ontdek is deur 'n groep Amerikaanse meteorietjagters van die ANSMET-projek.
Daar word vermoed dit kom oorspronklik van Mars af, nes ander lede van die SNC-groep. Dit pas egter nie in een van die voorheen ontdekte SNC-groepe nie. Sy massa toe dit ontdek is, was 1,93 kg.
In 1996 het 'n groep wetenskaplikes iets in die meteoriet ontdek wat ooreengestem het met mikroskopiese fossiele van bakterieë, wat daarop gedui het dat dié organismes van Mars af kom. Die bewering het dadelik wêreldwyd die nuushoofberigte gehaal, en het daartoe gelei dat die destydse Amerikaanse president, Bill Clinton, 'n toespraak oor die moontlike ontdekking gelewer het.[2]
Die bewering was van die begin af omstrede en die wyer wetenskaplike gemeenskap het eindelik die hipotese verwerp nadat al die ongewone eienskappe in die meteoriet verduidelik is sonder dat dit op lewe dui.
Hoewel daar geen oortuigende bewyse was van lewe op Mars nie, word die aanvanklike geskrif en die enorme wetenskaplike en openbare belangstelling wat dit ontlok het, beskou as 'n keerpunt in die geskiedenis van die ontwikkelende wetenskap astrobiologie.[3]