Allan MacLeod Cormack | |
Gebore | Johannesburg, Suid-Afrika | 23 Februarie 1924
---|---|
Oorlede | 7 Mei 1998 (op 74) Winchester, Massachusetts |
Nasionaliteit | Suid-Afrika Verenigde State |
Vakgebied | Fisika, geneeskunde |
Instelling(s) | Universiteit van Cambridge |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad (B.Sc.) |
Bekend vir | rekenaartomografie |
Toekennings | Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1979) National Medal of Science (1990) |
Allan MacLeod Cormack (23 Februarie 1924 – 7 Mei 1998) was 'n Suid-Afrikaansgebore natuurkundige. In 1979 wen hy en Godfrey Hounsfield die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vir die ontwikkeling van rekenaartomografie (mediese CT-skandering).[1] In 2002 is die Orde van Mapungubwe postuum aan hom toegeken vir sy bydrae tot die wetenskap.