Allan Donald | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Allan Anthony Donald | |||||
Gebore | 20 Oktober 1966 Bloemfontein, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | "White Lightning" | |||||
Kolfstyl | Regterhandig | |||||
Boulstyl | Regterarm snelbouler | |||||
Rol | Bouler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 238) | 18 April 1992 v Wes-Indië | |||||
Laaste Toets | 24 Februarie 2002 v Australië | |||||
EDI debuut (no 2) | 10 November 1991 v Indië | |||||
Laaste EDI | 27 Februarie 2003 v Kanada | |||||
EDI hempno. | 10 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1985/86–2003/04 | Vrystaat Krieketspan | |||||
1985/86–1986/87 | Impalas | |||||
1987–2000 | Warwickshire County Cricket Club | |||||
2002 | Worcestershire County Cricket Club | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 72 | 164 | 316 | 458 | ||
Lopies aangeteken | 652 | 95 | 2,785 | 544 | ||
Kolfgemiddeld | 10.68 | 4.31 | 12.05 | 7.88 | ||
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/1 | 0/0 | ||
Hoogste telling | 37 | 13 | 55 | 23 | ||
Aflewerings geboul | 15,519 | 8,561 | 58,801 | 22,856 | ||
Paaltjies | 330 | 272 | 1,216 | 684 | ||
Boulgemiddeld | 22.25 | 21.78 | 22.76 | 21.84 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 20 | 2 | 68 | 11 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 3 | 0 | 9 | 0 | ||
Beste boulontleding | 8/71 | 6/23 | 8/37 | 6/15 | ||
Vangskote/Stonkings | 18/– | 28/– | 115/– | 74/– | ||
Bron: Cricinfo, 4 Julie 2009 |
Allan Anthony Donald (gebore 20 Oktober 1966 in Bloemfontein) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat nou krieket afrig. Sy bynaam is 'White Lightning' en hy word as een van die Proteas se suksesvolste boulers beskou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992, 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 2000 en 2002 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy was een van die beste snelboulers in toetskrieket. Hy was bo-aan die IKR se toetsranglys in 1998. Sedert sy aftrede in 2002 was Donald 'n afrigter vir 'n aantal spanne. Allan Donald is in Julie 2019 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[1]