Alpha Andromedae (α Andromedae, afgekort Alpha And of α And), ook genoem Alpheratz,[8] is 97 ligjare van die Son af geleë en is die helderste ster in die sterrebeeldAndromeda. Dit lê net noordoos van die sterrebeeld Vlieënde Perd (Pegasus) en is die noordoostelike ster van die Groot Vierkant van Pegasus.
Hoewel dit met die blote oog soos ’n enkele ster lyk, met ’n skynbare magnitude van +2,06, is dit eintlik ’n dubbelster; dit bestaan uit twee sterre wat naby om mekaar wentel. Die chemiese samestelling van die helderste ster is ongewoon, aangesien dit ’n kwik-mangaan-ster is waarvan die atmosfeer abnormale hoë vlakke kwik, mangaan en ander elemente soos gallium en xenon bevat.[9] Dit is die helderste bekende kwik-mangaan-ster.[9]
↑
Tomkin, J.; Pan, X.; McCarthy, J. K. (1995). "Spectroscopic detection of the secondaries of the Hyades interferometric spectroscopic binary theta2 Tauri and of the interferometric spectroscopic binary alpha Andromedae". Astronomical Journal. 109: 780. Bibcode:1995AJ....109..780T. doi:10.1086/117321.
↑Ryabchikova, T.A.; Malanushenko, V.P.; Adelman, S.J. (1999). "Orbital elements and abundance analyses of the double-lined spectroscopic binary alpha Andromedae". Astronomy and Astrophysics. 351: 963. Bibcode:1999A&A...351..963R.
↑ 6,06,16,26,3Ryabchikova, T.; Malanushenko, V.; Adelman, S. J. (1998). "The double-lined spectroscopic binary alpha Andromedae: Orbital elements and elemental abundances". Contributions of the Astronomical Observatory Skalnate Pleso. 27: 356. arXiv:astro-ph/9805205. Bibcode:1998CoSka..27..356R.