Alpha Doradus
| ||||
![]() | ||||
Die ligging van Alpha Doradus (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Swaardvis | |||
Spektraaltipe | A: A0IIIp[1] B: B9IV[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | A: 04h 33m 59.778s B: 04h 33m 59.782s | |||
Deklinasie | A: -55° 02′ 41.91″[2] B: -55° 02′ 42.39″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | A: 3,27[1] B: 4,3[1] | |||
B-V-kleurindeks | -0,10[1] | |||
U-B-kleurindeks | -0,35[1] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | A: 3,33 ± 0,10[4] B: 2,7[5] | |||
Radius (R☉) | A: 3,5 ± 0,3[4] B: 1,9[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | A: 195[4] B: 70[5] | |||
Temperatuur (K) | A: 11 588[4] B: 12 200[5] | |||
Afstand (ligjaar) | A: 169 ± 3 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | A: Alpha² Canum Venaticorum[6] | |||
Veelvoudigheid | Dubbelster | |||
Ander name | ||||
B 2092, CCDM J04340-5503AB, CD−55 916, CPD−55 663, FK5 171, GC 5600, HD 29305, HIP 21281, HR 1465, IDS 04318-5515 AB, PPM 333592, SAO 233564, WDS 04340-5503AB | ||||
|
Alpha Doradus (afgekort as α Dor) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Swaardvis (Dorado). Dit is sowat 169 ligjare van die Son af.[7]
α Dor is ’n dubbelster[5] met ’n gesamentlike skynbare magnitude wat wissel tussen 3,26 en 3,30.[6] Dit is dus een van die helderste sterre, en die helderste ligpunt in dié sterrebeeld.[8] Die stelsel bestaan uit ’n B-tipe subreus wat met ’n periode van 12 jaar in ’n eksentrieke wentelbaan om ’n A-tipe reusester wentel.[1][9] Die skeiding tussen die sterre wissel van 2 tot 17,5 AE. Die primêre ster, α Doradus A, is ’n chemies buitengewone ster met ’n oorvloed silikon in sy atmosfeer.[4]
Alpha Doradus het ’n optiese metgesel, CCDM J04340-5503C, sowat 77 boogsekondes van hom af. Daar is geen fisieke verband tussen dié ster en die dubbelster nie.[1][10]
<ref>
tag; no text was provided for refs named bsc2
<ref>
tag; no text was provided for refs named viziera
<ref>
tag; no text was provided for refs named vizierb
<ref>
tag; no text was provided for refs named aaa334_181
<ref>
tag; no text was provided for refs named kaler
<ref>
tag; no text was provided for refs named gcvs1
<ref>
tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
<ref>
tag; no text was provided for refs named ob104_88
<ref>
tag; no text was provided for refs named orb
<ref>
tag; no text was provided for refs named wds