Alpha Reticuli

Alpha Reticuli
Die ligging van Alpha Reticuli (in die rooi sirkel).
Die ligging van Alpha Reticuli (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Net
Spektraaltipe G8 II-III[1]
Soort Subreus/reusester
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 04h 14m 25.48414s[2]
Deklinasie -62° 28′ 25.8917″[2]
Skynmagnitude (m) 3,315[3]
Absolute magnitude (M) -0,17 ± 0,05[4]
B-V-kleurindeks  +0,922[3]
U-B-kleurindeks  +0,63[5]
Besonderhede
Massa (M) 3,11 ± 0,06[4]
Radius (R) 12,8 ± 0,6[4]
Ligsterkte (L) 240[6]
Ouderdom (jaar) 330 miljoen[4]
Temperatuur (K) 5 196[4]
Afstand (ligjaar) 162
Rotasiespoed (km/s) 5,7[7]
Metaalinhoud [Fe/H] 0,07[4]
Ander name
CCDM J04144-6228, CPD−62 332, FK5 156, GC 5164, HD 27256, HIP 19780, HR 1336, IDS 04131-6243, PPM 353975, SAO 248969, WDS 04144-6228A[8]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Reticuli (afgekort as α Ret) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Net (Reticulum).[6] Dit het ’n skynbare magnitude van 3,3[3] en lyk of dit ’n enkelster is,[9] sowat 162 ligjare van die Son af.[2] Dit is helder genoeg om in die Suidelike Halfrond met die blote oog te sien.

Die ster se massa is drie keer dié van die Son en dit is sowat 330 miljoen jaar oud.[4] Sy sterreklassifikasie is G8 II-III,[1] wat aandui dit het eienskappe van beide ’n reusester (III) en ’n helder reus (II). Die ster is in ’n fase van sy evolusie waar dit uitgesit het tot 13 keer die radius van die Son. Sy effektiewe temperatuur is 5 196 K.[4] X-strale van die ster af is waargeneem, met ’n geraamde helderheid van 3 × 1029 erg s-1.[10]

Alpha Reticuli het ’n visuele metgesel van die 12de magnitude, CCDM J04144-6228B, sowat 48 boogsekondes van hom af.[8] Hulle kan dus ’n dubbelster wees met ’n wentelperiode van minstens 60 000 jaar.[6]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named houk1978
  2. 2,0 2,1 2,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
  3. 3,0 3,1 3,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named sps1966
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 4,6 4,7 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa458_2_609
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bsc1
  6. 6,0 6,1 6,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kaler
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa493_3_1099
  8. 8,0 8,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named wds
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mnras389_2_869
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa326_221

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne