Altasimut

’n Newton-teleskoop op ’n eenvoudige Dobson-altasimutmontering.

Altasimut of asimutale montering is die eenvoudigste manier om ’n teleskoop te monteer sodat dit in alle rigtings om ’n vertikale sowel as ’n horisontale as kan draai. Rotasie om die vertikale as verander die asimut (kompaspeiling) van die mikrigting en ’n rotasie om die horisontale as verander die hoogte van die rigting. Die Engelse naam, altazimuth, kom van die woorde altitude en azimuth.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne