Alvin Karpis | ||
![]() | ||
Gebore | 10 Augustus 1907 | |
Oorlede | 26 Augustus 1979 (op 72) | |
Land | VSA | |
Bynaam | Creepy Karpis | |
Ander name | Albin Francis Karpavičius (geboortenaam) | |
Misdaadbesonderhede | ||
Misdaad | Ontvoering, roof, moord | |
Beweging | Barker-Karpis-bende | |
Vonnisbesonderhede | ||
Vonnis | Lewenslange tronkstraf met die moontlikheid van parool | |
Status | Op parool vrygelaat (1969) |
Alvin Francis Karpis (gebore Albin Francis Karpavičius; 10 Augustus 1907 - 26 Augustus 1979) was 'n misdadiger uit die Depressietydperk met die bynaam "Creepy" vanweë sy sinistere glimlag. Hy is deur ander lede van sy bende "Ray" genoem. Hy was 'n Kanadese burger van Litause afstamming wat in die 1930's bekend was as die leier van die Barker-Karpis-bende.
Karpis het die bende saam met Fred Barker gestig. Daar was net vier misdadigers wat die FBI-titel "openbare vyand nommer 1" gekry het, en hy was die enigste een wat lewend in hegtenis geneem is. Die ander drie, John Dillinger, Pretty Boy Floyd en Baby Face Nelson, is almal gedood voordat hulle in hegtenis kon word.[1] Karpis het ook die langste tyd as 'n federale gevangene in Alcatraz deurgebring: 26 jaar.