Alvin Karpis

Alvin Karpis
Gebore  (1907-08-10)10 Augustus 1907
Oorlede  26 Augustus 1979 (op 72)
Land  VSA
Bynaam  Creepy Karpis
Ander name  Albin Francis Karpavičius
(geboortenaam)
Misdaadbesonderhede
Misdaad  Ontvoering, roof, moord
Beweging  Barker-Karpis-bende
Vonnisbesonderhede
Vonnis  Lewenslange tronkstraf met die moontlikheid van parool
Status  Op parool vrygelaat (1969)

Alvin Francis Karpis (gebore Albin Francis Karpavičius; 10 Augustus 1907 - 26 Augustus 1979) was 'n misdadiger uit die Depressietydperk met die bynaam "Creepy" vanweë sy sinistere glimlag. Hy is deur ander lede van sy bende "Ray" genoem. Hy was 'n Kanadese burger van Litause afstamming wat in die 1930's bekend was as die leier van die Barker-Karpis-bende.

Karpis het die bende saam met Fred Barker gestig. Daar was net vier misdadigers wat die FBI-titel "openbare vyand nommer 1" gekry het, en hy was die enigste een wat lewend in hegtenis geneem is. Die ander drie, John Dillinger, Pretty Boy Floyd en Baby Face Nelson, is almal gedood voordat hulle in hegtenis kon word.[1] Karpis het ook die langste tyd as 'n federale gevangene in Alcatraz deurgebring: 26 jaar.

  1. Livesey, Robert (1980). On the Rock: Twenty-Five Years in Alcatraz : the Prison Story of Alvin Karpis as told to Robert Livesey. Canada: Beaufort Books, Inc., New York. p. 14. ISBN 0-8253-0019-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne