Ambrose Mandvulo Dlamini | |
Ampstermyn 27 Oktober 2018 – 13 Desember 2020 | |
Monarg | Mswati III |
---|---|
Voorafgegaan deur | Vincent Mhlanga (wnd) |
Opgevolg deur | Themba N. Masuku (wnd) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Mbekelweni, Manzini-streek, Swaziland | 5 Maart 1968
Sterf | 13 Desember 2020 (op 52) Milpark Hospitaal, Parktown, Johannesburg |
Nasionaliteit | Swazi |
Politieke party | Onafhanklik |
Eggenoot/-note | Portia Thwala-Dlamini |
Alma mater | Universiteit van Swaziland Hampton Universiteit |
Ambrose Mandvulo Dlamini (5 Maart 1968 - 13 Desember 2020) was 'n Swazi-sakeleier wat as die tiende eerste minister van Eswatini gedien het vanaf Oktober 2018 tot en met sy dood op 13 Desember 2020.
Dlamini is in Eswatini se Manzini-streek gebore en het 'n graad aan die Universiteit van Swaziland en 'n MBA aan Hampton Universiteit behaal, waarna hy in die bank- en telekommunikasiesektore gewerk het. Sy loopbaan van meer as 18 jaar in hierdie sektore sluit in poste as besturende direkteur van Nedbank en as uitvoerende hoof van MTN Eswatini.