Amenemhat of Amenemhet III was ’n Egiptiesefarao van die 12de Dinastie. Hy het van omstreeks 1860 tot 1814 v.C. regeer – die langste bewind bekend. Dit is gevind in ’n papirus uit die 46ste jaar van sy regering.[1] Sy bewind word beskou as die goue era van die Middelryk van Antieke Egipte.[2] Hy kon tot 20 jaar saam met sy pa, Senoesret III, regeer het.[3]
Aan die einde van sy bewind het hy die troon gedeel met sy opvolger, Amenemhet IV.[4] Sy dogter, Sobekneferoe, het Amenemhat IV later opgevolg as die laaste heerser van die 12de Dinastie. Amenemhat III se troonnaam, Nimaatre, beteken "Behorende tot die Geregtigheid van Ra".
↑Francis Llewellyn Griffith, The Petrie Papyri, Londen 1898, T. XIV (Pap. Kahun VI, 19)
↑Callender, Gae (2003). "The Middle Kingdom Renaissance". In Shaw, Ian (red.). The Oxford History of Ancient Egypt. p. 156.
↑Kim S. B. Ryholt, The Political Situation in Egypt During the Second Intermediate Period, C. 1800-1550 B.C., Museum Tusculanum Press 1997, pp.211f.
↑Kim S. B. Ryholt, The Political Situation in Egypt During the Second Intermediate Period, C. 1800-1550 B.C., Museum Tusculanum Press 1997, p.212