| |||||
Nasionale leuse: United in Pride and Hope (Engels vir: "Verenig in trots en hoop") | |||||
Volkslied: The Star-Spangled Banner (Engels vir: "Die sterbesaaide vaandel") Nasionale volkslied: Virgin Islands March (Engels vir: "Maagde-eilande-mars") | |||||
Hoofstad | Charlotte Amalie | ||||
Grootste stad | Charlotte Amalie | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Niegeïnkorporeerde georganiseerde grondgebied Donald Trump (R) James David Vance (R) Albert Bryan (D) Tregenza Roach (D) Stacey Plaskett (D) | ||||
Onafhanklikheid Stigting
• Deens-Wes-Indië-verdrag • Hersienende Organisasiewet |
Amerikaanse eilandgebied 31 Maart 1917 22 Julie 1954 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
346,4 km2 (–) 133,7 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2020-sensus - Digtheid |
87 146[1] 252,4 / km2 (–) 653,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,892[4] (31ste) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .vi | ||||
Skakelkode | +1-340 |
Die Amerikaanse Maagde-eilande (Engels: United States Virgin Islands, USVI, ook American Virgin Islands), amptelik die Maagde-eilande van die Verenigde State (Virgin Islands of the United States), is 'n eilandgroep in Noord-Amerika en 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika. Dit beslaan 'n oppervlakte van 346,4 km² en het 'n bevolking van 87 146 in 2020 gehad.
Die Amerikaanse Maagde-eilande behoort geografies aan die Maagde-eilande[5] van die Klein-Antille. Dit is in die noordoostelike Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Die Amerikaanse Maagde-eilande grens in die weste aan Puerto Rico en in die ooste aan die Britse Maagde-eilande. Dit bestaan uit die hoofeilande Saint Croix, Saint John, Saint Thomas en ander eilande. Die hoofstad en grootste stad is Charlotte Amalie, wat op die eiland Saint Thomas geleë is.
Die Maagde-eilande is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die heilige Ursula van Keulen en haar maagd-volgelinge Santa Ursula y las Once Mil Vírgenes ("St. Ursula en haar 11 000 maagde") genoem. Dié naam is later verkort tot "die Maagde-eilande". Alhoewel die Maagde-eilande deur die Spaanse Ryk opgeëis is, is dié eilande nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. Tydens die volgende twee eeu was die Maagde-eilande onder beheer van verskeie Europese magte soos Groot-Brittanje, Nederland, Frankryk en Denemarke-Noorweë.
Die Deense Wes-Indiese Kompanie het in 1672 Saint Thomas gekoloniseer, gevolg deur Saint John in 1694; Saint Croix is in 1733 van Frankryk gekoop. Terselfdertyd het Groot-Brittanje die nabygeleë eilande Anegada, Jost van Dyke, Tortola en Virgin Gorda van Nederland verower. Die Deense Maagde-eilande is volgens die Deens-Wes-Indië-verdrag op 31 Maart 1917 vir VS$25 miljoen aan die Verenigde State verkoop. Dié eilande is onder die Hersienende Organisasiewet van 22 Julie 1954 georganiseer en vorm tans 'n nie-geïnkorporeerde, georganiseerde grondgebied van die Verenigde State. Die Amerikaanse Maagde-eilande word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[6] Die Amerikaanse Maagde-eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[7]