Amerikaanse elk | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ook bekend as: wapiti | ||||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||
’n Manlike Amerikaanse elk. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Cervus canadensis (Erxleben, 1777) | ||||||||||||||||
![]() huidige verspreiding voormalige verspreiding
| ||||||||||||||||
Subspesies | ||||||||||||||||
|
Die Amerikaanse elk of wapiti (Cervus canadensis) is een van die grootste spesies ter wêreld in die familie Cervidae of Hertagtiges, en een van die grootste landsoogdiere in Noord-Amerika en Oos-Asië. Die diere kom in en aan die rand van woude voor en eet gras, plante, blare en boombas. Die ramme het groot gewei, wat hulle elke jaar afskud en opnuut groei.
Hoewel hulle inheems aan Noord-Amerika is, is hulle ook na ander dele van die wêreld ingevoer, en hulle het goed aangepas in lande soos Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Hul aanpasbaarheid kan egter ’n bedreiging inhou vir dié lande se inheemse bevolkings.