Die Amiese Doopsgesindes (Engels: the Amish) is 'n Christelike protestantse geloofsgemeenskap in Noord-Amerika. Die groep het in 2018 sowat 330 000 lede gehad en woon in Pennsilvanië, Ohio, Indiana en sowat 30 ander deelstate in die VSA asook 4 provinsies in Kanada. Hulle volg streng gedragsriglyne en verkies 'n eenvoudige lewenstyl. Hulle dra byvoorbeeld tradisionele klere en mag nie telefone, motors en ander moderne uitvindsels gebruik nie.[1] Hulle praat ou Duitse dialekte, meestal Pennsilvaniese Duits, maar klein groepies praat ook 'n Switserse dialekte of 'n Elsassiese dialek.