Algemeen | |
---|---|
Naam | Ammoniumkarbonaat |
Ander name | Vlugsout |
![]() | |
Chemiese formule | (NH4)2CO3 |
Molêre massa | 96.07 |
CAS-nommer | 506-87-6[1] |
Voorkoms | Kleurlose of wit vastestof |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | (ontbind) 58 °C[1] |
Kookpunt | - |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | in water (pH =9,4 10% opl.) |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LC50 | 37 mg/kg (vis)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Ammoniumkarbonaat is 'n sout met die formule (NH4)2CO3.
Hierdie sout word dikwels vlugsout genoem omdat dit maklik ontbind:
As kristallyne vastestof is dit net as die monohidraat (NH4)2CO3.1H2O bekend. Dit het 'n ortorombiese struktuur (ruimtegroep Pnma Z=4; a = 12.047 (3), b = 4.453 (1), c = 11.023 (3) Å en V = 591.3 (3) Å3 [ρberekend = 1281.8 (7) kg m−3] by T= 10 K.). Hierdie stof word op aarde byvoorbeeld in ghwano as die mineraal teschemacheriet aangetref. Maar dit is dalk volopper in die heelal, byvoorbeeld in primitiewe planetêre newels. [2]
Daar is nog twee ternêre kristallyne fases bekend in die NH3-CO2-H2O stelsel.
In oplossings word in ewewig karbamaatione NH2CO−2 gevorm[3] en kommersiële produkte wat die naam "ammoniumkarbonaat" dra, bevat dikwels hoofsaaklik ammoniumkarbamaat NH4NH2CO2. [2]