Anadir | |
---|---|
![]() | |
Die stroomgebied van die Anadir | |
Oorsprong | Anadir-plato, Tsjoekotka, Rusland |
Monding | by Anadir, Tsjoekotka, Rusland Beringsee |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 150 km (710 myl) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 000 m³/s (35 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 191 400 km² (74 000 myl²) |
Kaart van die Anadir-bekken in Asië
|
Die Anadir (Russies: Ана́дырь) is 'n groot oosvloeiende rivier in die Russiese Verre-Ooste. Dié rivier, met 'n lengte van 1 150 km (710 myl), ontspring in die Anadir-plato in Tsjoekotka, Rusland. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike en later in 'n oostelike rigting deur Markowo. Van hier af vloei die Anadir in 'n noordoostelike en aansluitend in 'n suidoostelike rigting. Net wes van Anadir mond dié rivier in 'n delta in die Beringsee uit. Die Anadir is die mees oostelike van Rusland se groot riviere.
Die Anadir se omgewing is gekenmerk deur die Toendra.