Andrei Tsjikatilo

Andrei Tsjikatilo
Gebore  (1936-10-16)16 Oktober 1936
Oorlede  14 Februarie 1994 (op 57)
Rede vir dood  Tereggestel
Land  Sowjetunie
Bynaam  Slagter van Rostof
Rooi Slagter
Misdaad  Reeks moorde, seksaanvalle
Misdaadbesonderhede
Plek Rostof-oblast
Datum(s)  22 Desember 1978 –
6 November 1990
Slagoffers  53 bevestig
Vonnisbesonderhede
Aangekeer  20 November 1990
Vonnis  Doodstraf
Die ligging van Rostof-oblast in Rusland waar die meeste van Tsjikatilo se moorde gepleeg is. Die oblast se hoofstad is Rostof aan die Don.

Andrei Romanowitsj Tsjikatilo (Oekraïens: Андрі́й Рома́нович Чикати́ло; Russies: Андре́й Рома́нович Чикати́ло; 16 Oktober 1936, Jablotsjnoje, Oekraïense SSR – 14 Februarie 1994, Nowotsjerkassk, Rusland) was ’n Oekraïens gebore Sowjet-reeksmoordenaar met die byname Slagter van Rostof en Rooi Slagter. Hy het tussen 1978 en 1990 minstens 52 vroue en kinders vermoor. Hy is in Oktober 1992 aan die 52 moorde skuldig bevind (hoewel hyself erken het dat hy 56 moorde gepleeg het en hy op aanklag van 53 moorde tereggestaan het). Hy is in Februarie 1994 tereggestel.

Hy was veral bekend as die Slagter van Rostof omdat hy die meeste moorde in die Rostof-oblast in die RSFSR gepleeg het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne