Andrew Taylor Weir (gebore 16 Junie 1972) is 'n Amerikaanse wetenskapfiksie skrywer en voormalige rekenaarprogrammeerder.[1] Sy 2011-roman The Martian is verwerk in die 2015-rolprent met dieselfde naam geregisseer deur Ridley Scott. Hy het die John W. Campbell-toekenning vir beste nuwe skrywer in 2016 ontvang.[2] en sy roman Project Hail Mary is 'n finalis vir die 2022 Hugo-toekenning vir beste roman.[3]