Andrew McGregor

Andrew McGregor
Ds. Andrew McGregor
Ds. McGregor

Naam Andrew McGregor
Geboorte 10 Mei 1829
Wynberg, Kaapkolonie
Sterfte 17 Junie 1918
Tamboerskloof, Kaapstad
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Robertson
Jare aktief 1862-1902

Ds. Andrew McGregor (Golspie, Skotland, 10 Mei 1829 - Kaapstad, 17 Junie 1918) was die tweede predikant van die NG gemeente Robertson, sy enigste gemeente, en 'n produktiewe skrywer van Christelike lektuur. Kort ná sy aftrede is 'n gemeente op die Wes-Kaapse dorpie Lady Grey van Robertson afgestig en kry die naam McGregor ter ere van ds. McGregor.

Ds. McGregor se koms na Suid-Afrika was te danke aan die geslaagde sending van dr. William Robertson om predikante en onderwysers vir dieNG Kerk in Europa te vind. Hy moes 12 predikante soek en het gevind, benewens 'n aantal sendelinge en 'n paar onderwysers wat gewillig was om na Suid-Afrika te kom. Onder hulle was Andrew McGregor, wat 40 jaar op Robertson sou arbei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne