Andrianampoinimerina

Andrianampoinimerina
Koning van Imerina
Kunstenaarvoorstelling, omstreeks 1905 deur Ramanankirahina.
Kunstenaarvoorstelling, omstreeks 1905 deur Ramanankirahina.
Regeer 1787-1810
Dinastie Hova
Voorganger Andrianjafy
Opvolger Radama I
Gebore 1745, Ikaloy
Oorlede 6 Julie 1810 (64–65 jaar oud)
Volle naam Imboasalama Andrianampoinimerina
Kinders 11 seuns, o.a. Radama I
13 dogters
Vader Andriamiaramanjaka
Moeder Prinses Ranavalonanandriambelomasina

Andrianampoinimerina (1745-1810) was van omstreeks 1787 tot met sy dood in 1810 koning van die Koninkryk Imerina op die plato van Madagaskar. Sy bewind word gekenmerk deur die hereniging van Imerina ná ’n burgeroorlog van 77 jaar en die daaropvolgende uitbreiding van sy koninkryk na naburige gebiede. So het hy Madagaskar onder die heerskappy van die Merina-volk begin verenig. Andrianampoinimerina is ’n kultuurheld met byna mitiese status onder die Merina. Hy word beskou as een van die grootste militêre en politieke leiers in die geskiedenis van Madagaskar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne