Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius | |
---|---|
Andries Pretorius | |
Geboortedatum | 27 November 1798 |
Geboorteplek | Graaff-Reinet |
Sterfdatum | 23 Julie 1853 (54 jaar oud) |
Sterfplek | Grootplaats |
Lojaliteit | Zuid-Afrikaansche Republiek Natalia Republiek Voortrekkers |
Jare in diens | 1838–1852 |
Rang | Kommandant-generaal |
Poste beklee | Transvaal en Oranjerivier |
Veldslae/oorloë | Slag van Bloedrivier Slag van Boomplaats |
Familie | Marthinus Wessel Pretorius (seun) |
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (27 November 1798 Graaff-Reinet – 23 Julie 1853 Grootplaats, distrik Pretoria) was 'n Voortrekkerleier wat 'n belangrike rol gespeel het in die vestiging van die Zuid-Afrikaansche Republiek, sowel as die vroeëre, maar kortstondige Natalia Republiek in Suid-Afrika. Hy was ook 'n sleutelfiguur in die Slag van Bloedrivier. Die adminstratiewe hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria, is na Andries Pretorius genoem. Sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, was Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat.[1]