Anemoon kluisenaarskrap | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. pedunculatus
|
Binomiale naam | |
Dardanus pedunculatus (J. F. W. Herbst, 1804)
| |
Sinonieme [1] | |
|
Die anemoonkluisenaarskrap (Dardanus pedunculatus) is 'n kluisenaarskrap en kom wydverspreid in die Stille- en Indiese oseane voor. In die Indiese Oseaan kom dit aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap voor.
Die krap word tot 50 mm groot en is een van die mees algemene kluisenaarskrappe. Die krap word maklik uitgeken aan die pienkerige voorkoms met geel hare. Die linkerknyper is vergroot. Die oë is groen en die steeltjies is rooi met wit strepe.
Daar is anemone aan die skulp waarin dit lewe geheg; 'n goeie voorbeeld van mutualistiese simbiose. Die kluisenaarskrap kry beskerming en kamoeflering van die anemoon terwyl die anemoon oorskietkos kry en in baie gebiede kan vreet terwyl die krap die skulp ronddra.
Die krap leef in rots- en koraalriwwe; in vlak water tot by dieptes van 40 m. Die spesie kom algemeen voor.