Angara | |
---|---|
Die Angara in Irkoetsk | |
Die stroomgebied van die Angara | |
Oorsprong | naby Irkoetsk, Irkoetsk-oblast, Rusland Baikalmeer |
Monding | naby Strelka, Krasnojarsk-krai, Rusland Jenisejrivier |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 779 km (1 105 myl) |
Oorspronghoogte | 456 m (1 496 voet) |
Mondinghoogte | 74 m (249 voet) |
Gemiddelde afloop | 4 530 m³/s (159 975 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 1 040 000 km² (400 000 myl²) |
Kaart van die Angara-bekken in Asië
|
Die Angara (Boerjaties: Ангар, Angar, letterlik: "gesplete"; Russies: Ангара́, Angará), soms ook Bo-Toengoeskarivier (Верхняя Тунгуска, Verkhnyaya Tunguska) of Laer-Angara (Ни́жняя Ангара́, Nizhnyaya Angara) genoem, is die grootste sytak van die Jenisejrivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 799 km (1 105 myl), ontspring naby Irkoetsk uit die Baikalmeer en vorm dié meer se enigste uitvloei. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Irkoetsk-oblast en bereik Bratsk. Verder noord vloei die Angara in 'n westelike rigting deur die Krasnojarsk-krai en mond sowat 250 km noord van Krasnojarsk in die Jenisejrivier uit.[1] Die Selenga, die grootste van die Baikalmeer se invloeiende riviere, word hidrologies as die Angara se boloop beskou.