Animal Farm
| |
---|---|
Oorspronklike titel | Animal Farm: A Fairy Story |
Skrywer | George Orwell |
Land | Verenigde Koninkryk |
Taal | Engels |
Genre | Politieke satire |
Uitgewer | Secker and Warburg, Londen, Engeland |
Uitgegee | 17 Augustus 1945 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 112 (Britse sagteband uitgawe) |
Animal Farm (in Afrikaans vertaal as Die opstand) is 'n satiriese roman deur die Britse skrywer George Orwell. Die verhaal kan as 'n fabel of allegorie gesien word en handel oor die Russiese Rewolusie en die kommunistiese samelewing.[1]
Die boek is tydens die Tweede Wêreldoorlog geskryf en in 1945 gepubliseer, hoewel dit tot die einde van die 1950's relatief onbekend was. Dit word tans as 'n klassieke werk beskou.
Dit is in Afrikaans vertaal en verwerk deur Taboureux Bruwer onder die titel Die opstand. Dit is onlangs uitgegee in 'n nuwe Afrikaanse vertaling deur Wium van Zyl onder die titel Diereplaas.[2]
In Animal Farm kritiseer Orwell die totalitêre politieke stelsel van die Sowjetunie na die Oktoberrevolusie. Hy skryf dit na aanleiding van sy waarnemings van Stalinistiese kommuniste tydens die Spaanse Burgeroorlog. Sy ervaringe gedurende die stryd stel hy in Saluut aan Katalonië te boek.
Time-tydskrif het die boek gekies as een van die 100 beste Engelstalige romans (1923 tot 2005)[3]; dit verskyn ook op nommer 31 op die moderne biblioteeklys van beste romans uit die 20ste eeu. Die boek het 'n Hugo-toekenning in 1996 gewen en is opgeneem in die Great Books of the Western World-keuring.[4]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)