Anna Karenina

Anna Karenina

Oorspronklike titelАнна Каренина
SkrywerLeo Tolstoi
VertalerConstance Garnett (oorspronklik)
LandVlag van Rusland Rusland
TaalRussies
GenreRealistiese roman
UitgewerThe Russian Messenger
Uitgegee1877
MediumDruk (reeks)
Bladsye864
ISBN978-1-84749-059-9

Anna Karenina (Russies: Анна Каренина [ˈanːə kɐˈrʲenʲɪnə]) is 'n boek deur die Russiese skrywer Leo Tolstoi wat in 1878 uitgegee is. Dit word allerweë as een van die beste romans nóg beskou.[1] Die boek vertel die verhaal van 'n getroude vrou, Anna Karenina, wat op 'n jong weermagoffisier verlief raak. Die verhaal is onder andere in 1935, 1948, 1997 en 2012 verfilm.[2]

Anna Karenina ontmoet haar seun.

Die roman verskyn van 1873 tot 1877 as 'n opvolgverhaal in die tydskrif Roesski Wjestnik ("Russiese Boodskapper"), totdat Tolstoi rusie met die uitgewer, Michail Katkof, aangaande gebeure in die laatste deel kry. Om dié rede is die volledige werk vir die eerste keer in 1878 in boekvorm gepubliseer.

Anna Karenina word algemeen as 'n hoogtepunt in realistiese fiksie gesien en Tolstoi het dit as sy eerste regte roman beskou. Daar word algemeen aanvaar dat die karakter van Anna op Maria Hartung (1832–1919), die oudste dogter van die Russiese digter Aleksander Poesjkin, gebaseer is. Tolstoi het haar per geleentheid ontmoet, waarna hy Poesjkin se prosa begin lees het en oor haar gefikseer het.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Anna Karenina op IMDb

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne