Dame Anna Wintour | |
---|---|
DBE | |
Wintour in 2019 op die Paryse Modeweek.
| |
Beroep | Hoofredakteur, Vogue Artistieke direkteur, Condé Nast Globale hoofinhoudbeampte, Condé Nast Globale redaksionele direkteur, Vogue |
Jare aktief | 1975-tans |
Werkgewer | Condé Nast |
Gebore | 3 November 1949 Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Brits/Amerikaans |
Eggenoot | David Shaffer (geskei) |
Kinders | 2 |
Handtekening |
Dame Anna Wintour DBE (gebore 3 November 1949)[1] is 'n Britse en Amerikaanse[2][3] joernalis wat sedert 1988 die hoofredakteur van die tydskrif Vogue en sedert 2020 die globale hoofinhoudbeampte van Condé Nast is. Sy is ook die artistieke direkteur van Condé Nast en die globale redaksionale direkteur van Vogue.[4] Met haar kenmerkende bobhaarstyl en donkerbril het Wintour 'n belangrike figuur geword in 'n groot deel van die modewêreld; sy word geprys vir haar oog vir opkomende modeneigings. Sy is bekend vir haar kil houding. Haar vader, Charles Wintour, redakteur van die Londense Evening Standard (1959-1976), het ook haar raad gevra oor hoe om die koerant relevant vir die jeug van die tydperk te maak.