Anoe, An | ||
Die Sumeriese wigskrifteken vir An, wat ook vir alle gode gebruik is (sien dingir). | ||
Soort god | Sumeries | |
God van | die lug, hemel en sterrebeelde; koning van die gode | |
Tuiste | Hemel | |
Kultussentrum | Oeroek | |
Simbool | Tiara |
In die Sumeriese mitologie was Anoe (ook An, van die Sumeriese woord an vir "lug" of "hemel") ’n god van die lug, hemel en sterrebeelde, en die koning van die gode, geeste en demone. Hy het in die hoogste streke van die hemel gewoon. Daar is geglo hy het die mag gehad om dié wat misdaad gepleeg het te oordeel en dat hy die sterre geskep het as soldate om die boses te vernietig. Sy simbool was die koninklike tiara. Sy dienaar en minister was die god Ilabrat.