Antenne-sterrestelsels | ||||
NGC 4038 (links) en NGC 4039. | ||||
Soort stelsel | Interaktiewe sterrestelsels | |||
Sterrebeeld | Kraai[1] | |||
Tipe | SB(s)m pec / SA(s)m pec[2] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 01m 53.0s / 12h 01m 53.6s[2] | |||
Deklinasie | -18° 52′ 10″ / -18° 53′ 11″[2] | |||
Skynmagnitude | 11,2 / 11,1[2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 45 miljoen | |||
Skynbare grootte | 5′,2 × 3′,1 / 3′,1 × 1′,6 | |||
Rooiverskuiwing | 1642 ± 12 / 1641 ± 9 km/sekonde[2] | |||
Kenmerke | Die twee stelsels, NGC 4038 en NGC 4039, is besig om te bots | |||
Ander name | NGC 4038/4039,[2] PGC 37967/37969, Arp 244,[2] Caldwell 60/61, UGCA 264/265[2] | |||
|
Die Antenne-sterrestelsels (ook bekend as NGC 4038/NGC 4039 of Caldwell 60/61) is twee botsende sterrestelsels in die sterrebeeld Kraai. Hulle ondergaan tans ’n fase van steruitbarsting, waar die botsing van wolke gas en stof, met verstrengelde magneetvelde, vinnige stervorming veroorsaak. Die stelsels is in 1785 deur William Herschel ontdek.[3] NGC 4038 is geleë by regte klimming 12h 01m 53.0s en deklinasie −18° 52′ 10″; en NGC 4039 by 12h 01m 53.6s en −18° 53′ 11″.