Anthony Burgess | |
---|---|
Anthony Burgess in 1986 | |
Gebore | John Anthony Burgess Wilson 25 Februarie 1917 Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 22 November 1993 (op 76) Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | A Clockwork Orange |
Termyn | 1956–1993 |
John Anthony Burgess Wilson, FRSL (/ˈbɜːrdʒəs/;[1] 25 Februarie 1917 – 22 November 1993), wat gepubliseer het onder die naam Anthony Burgess, was 'n Engelse skrywer en komponis.
Sy distopiese roman A Clockwork Orange is sy bekendste boek. In 1971 het Stanley Kubrick die verhaal in 'n rolprent omskep.
Burgess het ook meer as 250 musiekwerke gekomponeer; hy beskou homself beide 'n skrywer en komponis, hoewel hy aansienlik meer sukses behaal het met sy boeke.[2]