Antigone ( Antieke Grieks: Ἀντιγόνη ) is 'n klassieke tragedie deur die digter/tragis Sophokles oor Antigone uit die Griekse mitologie. Die leuse van die toneelstuk: om gelukkig te word moet jy wys optree (maar wat is wyse optrede?) en nie die gode trotseer nie (maar wat is om die gode te trotseer?). Die sentrale tema van die toneelstuk: Individuele gewete versus staatsreg; die morele of goddelike wette versus die menslike wette.