Religieuse en
LaVeyaanse satanisme
Organisasies wat met satanisme verbind word
Kerk van Satan
Eerste Satanistiese Kerk
Bekende figure
Anton LaVey | Blanche Barton | Peter H. Gilmore | Peggy Nadramia | Karla LaVey
Verwante konsepte
Die Pad van die Linkerhand | Pentagonale Revisionisme | Suitheisme | Oorlewing van die Sterkste | Objektivisme | Might Is Right
Boeke en publikasies
The Satanic Bible | The Satanic Rituals | The Satanic Witch | The Devil's Notebook | Satan Speaks! | The Black Flame | The Church of Satan | The Secret Life of a Satanist | The Satanic Scriptures
Anton Szandor LaVey, gebore Howard Stanton Levey[1][2] (11 April 1930 – 29 Oktober 1997) was die stigter en Hoëpriester van die Kerk van Satan en daarnaas ook 'n skrywer, okkultis, musikant en akteur. Hy is die skrywer van The Satanic Bible en die stigter van die LaVeyaanse Satanisme, 'n sintese van sy persoonlike beskouing van die menslike natuur en die insigte van 'n aantal filosowe wat wysgerige denkrigtings soos materialisme en individualisme voorgestaan het. LaVey het ten opsigte van sy leerstellings nie aanspraak gemaak op "bonatuurlike inspirasie" nie. Hy het "Satan" nie as 'n letterlike godheid of wese beskou nie, maar as 'n geskiedkundige en literêre figuur wat aardse waardes versinnebeeld.
In die onstuimige 1960's was daar min name wat soveel reaksie by mense uitgelok het as Anton Szandor LaVey.
Met uitsprake soos dat God nie bestaan nie en dat elke mens "Satan in hom" moet aanbid, het LaVey, met sy kaalgeskeerde kop en spitsbaardjie, veral in die VSA oornag die simbool geword van alles wat boos en anti-establishment was. Vandag is daar egter mense wat meen dat LaVey grootliks 'n selfgemaakte legende was wat daarop uit was om aandag te trek en roem te verwerf.