Antoninus Pius | |
---|---|
![]() Borsbeeld van Antoninus Pius
| |
Tydvak | Adopsie-keisers |
Voorganger | Hadrianus |
Periode | 138 – 161 |
Opvolger | Marcus Aurelius & Lucius Verus |
Geboortejaar | 86 |
Sterfjaar | 161 |
Geboortenaam | Titus Aurelius Fulvus Boionius Arrius Antoninus |
Keisernaam | Antoninus Augustus Pius |
Vader | Traianus Decius |
Adopsie vader | Hadrianus |
Kinders | Faustina Junior Galerius Antoninus |
Eggenote | Faustina Senior |
Antoninus Pius (19 September 86 — 7 Maart 161) was vanaf 138 tot 161 die keiser van die Romeinse Ryk en 'n lid van die invloedryke Gens Aurelia. Hy was een van die bekwaamste keisers in die geskiedenis van die Romeinse Ryk. Tydens rampe het hy uitbetalings gemaak uit sy eie fondse. Hy is die enigste keiser wat omgesien het na die welstand van slawe. Sy lang ampstermyn van ruim 22 jaar was 'n tyd van vrede en welvaart vir die ryk.