Antonof An-12 | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Antonof |
Ontwerp deur | Antonof |
Nooiensvlug | 16 Desember 1957[1] |
Bekendstelling | 1959 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Sowjetlugmag Aeroflot PLA Lugmag |
Vervaardig | 1957–1973 |
Aantal gebou | 1 248 |
Ontwikkel van | Antonof An-10 |
Die Antonof An-12 (Russies: Антонов Ан-12; NAVO verslag naam: Cub) is 'n viermotorige turboskroefaangedrewe vragvliegtuig wat in die Sowjetunie ontwerp is. Dit is 'n militêre weergawe van die Antonof An-10 en daar is verskeie variante. Die An-12 was vir meer as drie dekades die standaard-mediumafstand vrag- en valskermsoldaatvervoervliegtuig van die Sowjetlugmag. Daar is in totaal 1 248 van die vliegtuie gebou.[2]