Apple II-reeks

Die Apple II van 1977, hier vertoon met twee Disk II-slapskywe en 'n Apple Monitor II uit die 1980's. Die Apple II het 'n geïntegreerde sleutelbord, klank, 'n plastiekkas en agt interne uitbreidingsgleuwe.

Die Apple II-reeks of die Apple II-familie was Apple Inc. se eerste reeks mikrorekenaars vanaf die laat 1970's tot die vroeë / middel 1980's. Die rekenaars verskil heeltemal van Apple se latere Apple Macintosh-rekenaars en het hoofsaaklik 'n 8 bis-argitektuur gehad.

Die voorganger was die Apple I, 'n masjien wat met die hand gebou is, ontwerp deur Steve Wozniak en aan rekenaar stokperdjie entoesiaste verkoop is. Dit is nooit in groot hoeveelhede vervaardig nie, maar het die weg gebaan vir baie funksies wat die Apple II 'n sukses sou maak. Die Apple II was die eerste massa-vervaardigde persoonlike rekenaar. Dit was veral gewild onder tuisgebruikers, maar is ook af en toe aan besigheidsgebruikers verkoop, veral na die publikasie van die eerste sigblad op 'n persoonlike rekenaar naamlik VisiCalc.

Die "II"-gedeelte van die naam is op wisselende maniere vertoon deur middel van leestekens vir die verskillende modelle. Die II en die "Onverbeterde IIs" is gewoonlik geskryf as onderskeidelik, die Apple //e en Apple //c. Die (verbeterde) Platinum IIe-modelle is geskryf as IIc en IIe. Verder was daar nog die IIGS en die IIc Plus.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne