Aptekarski-eiland

Aptekarski-eiland
Inheemse naam: Аптекарский остров
Die ligging van Aptekarski-eiland (no. 6 op die kaart)
Die ligging van Aptekarski-eiland (no. 6 op die kaart)
Geografie

Ligging Golf van Finland

Oppervlakte 2 km2

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Stad Sint Petersburg

Aptekarski-eiland (Russies: Аптекарский остров, Aptekarski ostrof) is ’n klein eiland van sowat 2 km2 in Sint Petersburg, Rusland, wat in die noordelike deel van die Newarivierdelta lê. Dit word van Petrogradski-eiland geskei deur die Karpofka-rivier, van Kamenni- en Krestofski-eiland deur die Klein-Nefka en van die Wiborg-streek deur die Groot-Nefka. Verskeie brûe verbind die eiland met dié streke.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne