Ar-Rum

الروم
  Soera 30 van die Koran  
Klassifikasie Mekkaans
In Arabies Ar-Rûm
Transliterasie Ar-Roem
In Afrikaans "Die Romeine"
Deel 21
Ajat 60

Ar-Rûm (Arabies: الروم, "Die Romeine") is die 30ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 60 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dié soera begin met die allegoriese letters (muqattaʿat) Alief, Laam, Miem.

In die tyd van Mohammed het die naam "Romeine" verwys na die Oos-Romeinse Ryk; die hoofstuk word dus soms "Die Grieke" of "Die Bisantyne" genoem.[1] Dit verskaf inligting oor hoe die kataklismiese Bisantyns-Sassanidiese Oorlog van 602-628 vir die Arabiere van Mekka gelyk het – belangstellende toeskouers wat nog onbewus daarvan was dat hulle binne 'n generasie die wêreld van imperialisme sou betree en beide die Bisantyne en Sassaniede sou verslaan.

  1. The Qur'an. OUP Oxford. 2008. ISBN 978-0-19-157407-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne