Argeologiese kultuur

'n Argeologiese kultuur is 'n versameling ('n stel artefakte, geboue of monumente wat saam gevind word) van 'n spesifieke tydperk en streek wat kan dui op die materiële kultuuroorblyfsels van 'n spesifieke menslike gemeenskap.

Die verband tussen dié artefakte is 'n proefondervindelike waarneming. Die vertolking daarvan in terme van etniese en politieke groepe is gebaseer op argeoloë se begrip en vertolking, en kan soms tot lang, onopgeloste debatte lei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne